‘n Jong dame het eendag op die strand gelĂȘ en
sonbaai toe daar ‘n klein seuntjie in sy swembroek met ‘n handdoek oor
sy skouer na haar toe kom en vra: “Tannie, glo Tannie in God?”
Sy was verbaas oor die vraag en antwoord:
“Ja, maar waarom wil jy weet?”
Dadelik vra hy vir haar: “Tannie, gaan Tannie
elke Sondag kerk toe?”
Weer het sy ja geantwoord. Toe vra hy: “Lees
Tannie elke dag Bybel en bid Tannie elke dag?”
Sy het weer ja geantwoord, maar teen
daardie tyd was sy al baie nuuskierig om te hoor waarom die klein seutjie vir
haar al die vrae vra.
Ten einde laaste gee hy ‘n groot sug van
verligting en vra: “Tannie, sal Tannie asseblief vir my my roomysgeld
hou, terwyl ek gaan swem?”
✉
: Jesus se Kindertjies @ Facebook
♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡