Sirkels
Trek sirkels met jou
vingers. Maak ‘n sirkel met jou
arms. Vra nou iemand om ‘n sirkel om jou
te maak. Wie
is in die middel van die
sirkel? Wanneer jy in die middel
van ‘n
sirkel is, voel jy baie belangrik.
Soek ‘n prentjie van Jesus. Trek ‘n sirkel rondom die
prentjie met jou
vinger. Jy het vir Jesus in die middel
van jou sirkel gesit. Hy is die
belangrikste deel van
daardie sirkel.
Omdat jy ‘n kind van God is,
wil Jesus die middelpunt
van jou lewe wees.
Dit beteken dat wanneer jy speel,
Hy wil hê dat jy sal optree soos sy
kind. Wanneer
iemand jou vra om te help,
wil Jesus hê jy moet optree
soos Hy sou opgetree het. Hy wil belangrik wees in jou
lewe.
Ons kan nie die hele tyd ons
vingers in ‘n sirkel hou om
te onthou dat Jesus die middelpunt van ons lewe is
nie.
Maar ons kan probeer om dinge te
doen soos ‘n kind
van God dit moet doen.
Liewe Jesus,
Ek probeer onthou om op te tree soos U kind.
Ek is vriendelik met almal in my gesin
en ook met my maats.
Ek probeer ook altyd alles deel.
Ek probeer ook .....................................
(skryf self hier in.)
Amen
Mary Manz Simon : Ek
en Jesus kuier saam
♡
Jesus se Kindertjies / Facebook ♡
♡†♡ Aan God drie-enig, alleen die eer! ♡†♡
(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die
stabiliteit van my internet konneksie.
Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen
boodskappe uitgestuur kan word nie.)