Dis skoonmaakdag
Die Here God het toe ‘n tuin in Eden ... aangelê ... Genesis 2:8-9
Kyk rondom jou waar jy nou
sit. Sien jy stof? Lê daar dalk stof agter die stoel of onder
die bed?
Jurina-hulle se huis is vol
stof. Sy help haar pa om skoon te
maak. Kom ons luister terwyl hulle
gesels.
Pappa, hoekom is hier alweer
so baie stof? vra Jurina. Ons het dan
verlede week dieselfde werk gedoen.
Jurina, daar is oral baie
stof, antwoord haar pa. Noudat dit begin
winter raak en die wind meer waai, waai dit al die stof van buite af tot
binne-in die huis.
Kom ons maak dan die
vensters toe, stel Jurina voor.
Dit sal nie eintlik veel
help nie, sê haar pa. Selfs ons maak
stof van alles wat ons opsuig. Sien
jy? En Flappie los oral hare en soms los
jou klere ook stukkies gare of wol agter.
Jurina dink aan wat haar pa
nou net gesê het. Sy dink aan een plek
waar daar glad nie stof is nie. Aan
watter plek dink sy?
Jurina dink aan die tuin wat
God gemaak het vir die eerste mense op die aarde. Ek wed jou hulle het nie ‘n skoonmaakdag in
die tuin van Eden gehad nie, sê Jurina.
Dink jy is is reg?
Liewe Jesus,
Dis nie altyd baie lekker om skoon te maak nie.
Help my om opgeruimd te wees wanneer ek werk.
Amen
Mary Manz Simon
: Ek en Jesus kuier saam
♡
Jesus se Kindertjies @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
No comments:
Post a Comment