God praat met jou as jy Bybel lees
Het jy al gewens jy het in Jesus se tyd geleef sodat
jy self kan hoor hoe Hy praat?
Hoewel Jesus nie meer op aarde is sodat ons Hom self
met ons kan hoor praat nie, praat God nog elke dag met sy kinders. Hy praat met ons elke keer wanneer ons die
Bybel lees. God wil hê jy moet sy
boodskap deel van jou lewe maak.
Om dit te doen moet jy begin om Bybel tekste uit jou
kop te leer. So maak jy seker dat jy God
kan hoor praat, al het jy nie jou Bybel by jou nie. As jy bang is, gaan jy onthou dat Hy sê: “Moenie
bang wees nie, Ek is by jou” As jy nie
lus is om na jou ma te luister nie, gaan jy die vyfde gebod onthou: “Eer jou
vader en jou moeder.”
Hoe beter jy jou Bybel leer ken, hoe duideliker gaan
jy God hoor praat. Maak seker dat jy fyn
na sy stem luister en dit gehoorsaam.
~ Tannie
Nina Smit ~
No comments:
Post a Comment