Wednesday 18 November 2015

Sirkels










Sirkels


Trek sirkels met jou vingers.  Maak ‘n sirkel met jou 

arms.  Vra nou iemand om ‘n sirkel om jou te maak.  Wie 

is in die middel van die sirkel?  Wanneer jy in die middel 

van ‘n sirkel is, voel jy baie belangrik.



Soek ‘n prentjie van Jesus.  Trek ‘n sirkel rondom die 

prentjie met jou vinger.  Jy het vir Jesus in die middel 

van jou sirkel gesit.  Hy is die belangrikste deel van 

daardie sirkel.



Omdat jy ‘n kind van God is, wil Jesus die middelpunt

van jou lewe wees.  Dit beteken dat wanneer jy speel, 

Hy wil hê dat jy sal optree soos sy kind.  Wanneer 

iemand jou vra om te help, wil Jesus hê jy moet optree 

soos Hy sou opgetree het.  Hy wil belangrik wees in jou 

lewe.



Ons kan nie die hele tyd ons vingers in ‘n sirkel hou om

te onthou dat Jesus die middelpunt van ons lewe is nie.  

Maar ons kan probeer om dinge te doen soos ‘n kind 

van God dit moet doen.



Liewe Jesus,


Ek probeer onthou om op te tree soos U kind.

Ek is vriendelik met almal in my gesin

en ook met my maats.

Ek probeer ook altyd alles deel.


Ek probeer ook  .....................................
(skryf self hier in.)


Amen




Mary Manz Simon  :  Ek en Jesus kuier saam



  Jesus se Kindertjies / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)











Monday 16 November 2015

Om te kan lag









Om te kan lag is ‘n voorreg

wat die mens alleen beskore is.

Onthou dat ons maar lag

soos kinders lag,

en hoe verder ons op

die pad van die lewe vorder,

hoe meer kwyn die lag,

soos die olie in ‘n lamp laag brand.

Daaruit moet julle natuurlik aflei

dat ‘n mense net kan lag as jy

onskuldig en rein van hart is.




Honoré de Balzac