Monday 4 January 2016

Omdat jy kostelik is in my oë








Omdat jy kostelik is 

in my oë,

hoogeag is,

en  Ek jou liefhet,

daarom gee  Ek

mense in jou plek

en volke vir jou lewe.


- GOD



Jesaja 43:4  1933/1954




Jesus se Kindertjies Bediening / Facebook
Poppie Oosthuizen






Sunday 3 January 2016

Spesiale Tyd








Spesiale Tyd


Ek wil dink aan u wonderdade van vroeër.  -  Ps 77:11-12


Bedtyd is George se gunstelingtyd van die dag.  Hy luister eers na ‘n storie, borsel sy tande en sê sy gebedjie op saam met sy ma.

George hoor hoe sy man by die trap afstap.  Die ganglig gaan aan, soos elke ander aand.  Nóú is dit sy spesiale tyd.  Dit is George se “Jesus-tyd”.

George lê in sy bed en dink aan al die dinge wat vandag gebeur het.  Dan praat hy saggies met Jesus.  Dit is groot pret om ‘n Vriend te hê wat jy nie kan sien nie, maar wat áltyd luister.  George hou baie daarvan om so alleen met Jesus te gesels.

Wanneer is jóú spesiale tyd saam met Jesus?


Om oor te bid: 


Gebruik jou “Jesus-tyd” om vir Hom te vertel wat alles vandag met jou gebeur het.




Mary Manz Simon  :  Ek en JESUS kuier saam





Jesus se Kindertjies Bediening / Facebook
Poppie Oosthuizen





Saturday 2 January 2016

Kindergebed vir Nuwejaar








Kindergebed vir Nuwe Jaar



Liewe Jesus,



Baie dankie dat U vir ons
'n splinternuwe jaar gegee het.
Dankie dat ek op 'n splinternuwe
bladsy kan begin -
nie soos die ander dae se
skoonbladsy elke dag nie,
maar 'n spesiale een-keer-per-jaar
se skoon bladsy.
Baie mense maak 'n lysie van
alles wat hulle gaan doen in hierdie jaar.
Maar op baie mense se lysies
staan nooit Liewe Jesus se Naam nie ...
Maatjies, as julle lysie nie Liewe Jesus
se Naam op het nie -
gaan sommer nou dadelik en skryf
sy NAAM reg BO aan die lysie!
Hy sorg vir ons elke oomblik van ons lewe en in
Psalm 118:29 staan daar dat daar
"Aan sy liefde geen einde is nie".
Liewe Jesus, dankie dat U vir ons so liefhet.
Dat U vir ons net so lief sal wees
hierdie jaar as verlede jaar.
Dankie dat ons kan weet dat U ook volgende jaar
en al die jare daarna lief sal wees vir ons.
Gee dat ons hierdie jaar ook genoeg plek
in ons hartjies sal hou, sodat U daarin
kan woon ...
'n Plekkie waar ons na U toe kan kom
en met U kan kom gesels.
U is my Pappa Vader en
My heelbeste Vriend -
Baie dankie daarvoor JESUS!
Hou ook asb my Mamma, Pappa,
Boetie, Sussie & Familie en al my
maatjies veilig in my hartjie
dwarsdeur hierdie Nuwe Jaar.



Amen


Jesus se Kindertjies / Facebook
Poppie Oosthuizen