Saturday 2 January 2016

Kindergebed vir Nuwejaar








Kindergebed vir Nuwe Jaar



Liewe Jesus,



Baie dankie dat U vir ons
'n splinternuwe jaar gegee het.
Dankie dat ek op 'n splinternuwe
bladsy kan begin -
nie soos die ander dae se
skoonbladsy elke dag nie,
maar 'n spesiale een-keer-per-jaar
se skoon bladsy.
Baie mense maak 'n lysie van
alles wat hulle gaan doen in hierdie jaar.
Maar op baie mense se lysies
staan nooit Liewe Jesus se Naam nie ...
Maatjies, as julle lysie nie Liewe Jesus
se Naam op het nie -
gaan sommer nou dadelik en skryf
sy NAAM reg BO aan die lysie!
Hy sorg vir ons elke oomblik van ons lewe en in
Psalm 118:29 staan daar dat daar
"Aan sy liefde geen einde is nie".
Liewe Jesus, dankie dat U vir ons so liefhet.
Dat U vir ons net so lief sal wees
hierdie jaar as verlede jaar.
Dankie dat ons kan weet dat U ook volgende jaar
en al die jare daarna lief sal wees vir ons.
Gee dat ons hierdie jaar ook genoeg plek
in ons hartjies sal hou, sodat U daarin
kan woon ...
'n Plekkie waar ons na U toe kan kom
en met U kan kom gesels.
U is my Pappa Vader en
My heelbeste Vriend -
Baie dankie daarvoor JESUS!
Hou ook asb my Mamma, Pappa,
Boetie, Sussie & Familie en al my
maatjies veilig in my hartjie
dwarsdeur hierdie Nuwe Jaar.



Amen


Jesus se Kindertjies / Facebook
Poppie Oosthuizen







No comments:

Post a Comment