Monday 4 January 2016

Omdat jy kostelik is in my oë








Omdat jy kostelik is 

in my oë,

hoogeag is,

en  Ek jou liefhet,

daarom gee  Ek

mense in jou plek

en volke vir jou lewe.


- GOD



Jesaja 43:4  1933/1954




Jesus se Kindertjies Bediening / Facebook
Poppie Oosthuizen






Sunday 3 January 2016

Spesiale Tyd








Spesiale Tyd


Ek wil dink aan u wonderdade van vroeër.  -  Ps 77:11-12


Bedtyd is George se gunstelingtyd van die dag.  Hy luister eers na ‘n storie, borsel sy tande en sê sy gebedjie op saam met sy ma.

George hoor hoe sy man by die trap afstap.  Die ganglig gaan aan, soos elke ander aand.  Nóú is dit sy spesiale tyd.  Dit is George se “Jesus-tyd”.

George lê in sy bed en dink aan al die dinge wat vandag gebeur het.  Dan praat hy saggies met Jesus.  Dit is groot pret om ‘n Vriend te hê wat jy nie kan sien nie, maar wat áltyd luister.  George hou baie daarvan om so alleen met Jesus te gesels.

Wanneer is jóú spesiale tyd saam met Jesus?


Om oor te bid: 


Gebruik jou “Jesus-tyd” om vir Hom te vertel wat alles vandag met jou gebeur het.




Mary Manz Simon  :  Ek en JESUS kuier saam





Jesus se Kindertjies Bediening / Facebook
Poppie Oosthuizen





Saturday 2 January 2016

Kindergebed vir Nuwejaar








Kindergebed vir Nuwe Jaar



Liewe Jesus,



Baie dankie dat U vir ons
'n splinternuwe jaar gegee het.
Dankie dat ek op 'n splinternuwe
bladsy kan begin -
nie soos die ander dae se
skoonbladsy elke dag nie,
maar 'n spesiale een-keer-per-jaar
se skoon bladsy.
Baie mense maak 'n lysie van
alles wat hulle gaan doen in hierdie jaar.
Maar op baie mense se lysies
staan nooit Liewe Jesus se Naam nie ...
Maatjies, as julle lysie nie Liewe Jesus
se Naam op het nie -
gaan sommer nou dadelik en skryf
sy NAAM reg BO aan die lysie!
Hy sorg vir ons elke oomblik van ons lewe en in
Psalm 118:29 staan daar dat daar
"Aan sy liefde geen einde is nie".
Liewe Jesus, dankie dat U vir ons so liefhet.
Dat U vir ons net so lief sal wees
hierdie jaar as verlede jaar.
Dankie dat ons kan weet dat U ook volgende jaar
en al die jare daarna lief sal wees vir ons.
Gee dat ons hierdie jaar ook genoeg plek
in ons hartjies sal hou, sodat U daarin
kan woon ...
'n Plekkie waar ons na U toe kan kom
en met U kan kom gesels.
U is my Pappa Vader en
My heelbeste Vriend -
Baie dankie daarvoor JESUS!
Hou ook asb my Mamma, Pappa,
Boetie, Sussie & Familie en al my
maatjies veilig in my hartjie
dwarsdeur hierdie Nuwe Jaar.



Amen


Jesus se Kindertjies / Facebook
Poppie Oosthuizen







Tuesday 29 December 2015

Liewe Jesus









Liewe Jesus,


Kersfees is verby ... 
en ons huisie voel leeg.
Kersfees was so vol,
met baie familie en vriende en my eie maatjies,
ons het uitgesien met soveel verwagting
na Kersdag se vieringe -
U geboorte-toneel, die versiering van die kersboom,
die saamsing en geskenke uitdeel.
Nou is net die boom met al sy 
blink versierings oor.
Oor die naweek word ook dit weggepak .....
maar *HOE* bly is my kinderhart net nie -
dat *U* nie weggaan uit my lewe nie,
maar *virewig* in die krip van my hartjie
sal bly!
Dat ek énige tyd met U kan praat,
vir U kan vertel 
wat my bly of hartseer maak - 
vir U styf vas kan hou in my armpies ...
Dankie dat U virewig en altyd my 
Liewe Jesus sal bly - 
klein en broos in die krippie,
maar ook groot en sterk -
met U GROTE arms om my gevou
en in staat om ALLES te kan doen!
Ek het U *so* BAIE lief
my Dierbare JESUS!


Amen



Jesus se Kindertjies Bediening / Facebook

Friday 11 December 2015

Pappa God beskerm ons elke oomblik van ons lewe








Pappa God beskerm ons 
elke oomblik van ons lewe



Ek wonder hoeveel van julle

was al  SO gelukkig

om 'n gans-mamma te sien

wanneer sy op haar eiers sit en broei

of wanneer sy klein babatjies het?

Vra mooi vir Mamma of  Pappa om julle te gaan wys!

Dis regtig so pragtig om te sien hoe sy

haar kindertjies beskerm

en as jy té naby aan hulle kom,

word sy ook sommer  BAIE  kwaai en 

blaas vir jou en jaag jou!

Jy moet ook sommer lekker pasop ook - 

want sy kan jou  BAIE  seermaak!

En sy is nie lelik met jou nie - sy beskerm

net haar kindertjies ...

'n Gans-mamma sal haar kindertjies beskerm

met haar eie lewe ...

Nou as 'n gans-mamma haar kindertjies SO beskerm -

dink net hoe beskerm Pappa God vir jou en vir my!

In die Bybel staan dat Hy ons 

beskerm en toevou met sy vleuels.

'n Makliker woord vir vleuels is vlerke.

Kyk mooi hoe vou die gans-mamma haar vlerke om haar kindertjies ...

sy doen dit  SO goed - jy kan nie eens

haar kindertjies sien nie.

Pappa God beskerm ons SOVEEL BETER

want Hy is GROOT EN ALMAGTIG  -

almagtig beteken baie, baie, baie sterk - 

sterker as enigiets anders op die aarde 

en in die Hemel!

Baie kere beskerm  Pappa God ons en dan 

weet on nie eens daarvan nie -

omdat ons hom gladnie kan sien nie.

Sê nou vir Pappa God baie dankie

omdat Hy altyd by jou is en 

jou nooit maar nooit alleen los nie en

omdat Hy vir jou so mooi oppas.

Dit beteken darem nou ook nie dat ons

sommer enige iets wat verkeerd of gevaarlik is

kan doen om te sien of 

God ons gaan oppas nie.

Dit mag ons nooit doen nie,

want dan versoek of tart ons vir God uit 

- en dit is baie, baie GROOT SONDE -

en as jy  DIT gaan probeer doen,

dan gaan God jou nie oppas nie.


Kom ons sê vandag vir Pappa God 

ekstra spesiaal dankie

dat Hy ons Hemelse Pappa is

wat  ALTYD by ons is!

En moenie vergeet om vir Hom

te vertel dat jy hom 

BAIE  liefhet nie -

dit moet jy sommer 

ELKE  liewe dag doen!





Jesus se Kindertjies / Facebook
Poppie Oosthuizen







Wednesday 9 December 2015

JESUS als vir JESUS








Hier is ek JESUS -

ek wil net vir U

lewe!




En kyk EK is met jou ...








Dit is Liewe Jesus se belofte aan jou en aan my,

dat Hy ELKE oomblik met ons sal wees,

waar ons OOKAL mag gaan en

dat HY vir ons sal BESKERM
.
Dankie LIEWE JESUS dat ons

gerus kan wees omdat U

ons TOEVOU met U VLERKE.


Amen