Friday 11 December 2015

Pappa God beskerm ons elke oomblik van ons lewe








Pappa God beskerm ons 
elke oomblik van ons lewe



Ek wonder hoeveel van julle

was al  SO gelukkig

om 'n gans-mamma te sien

wanneer sy op haar eiers sit en broei

of wanneer sy klein babatjies het?

Vra mooi vir Mamma of  Pappa om julle te gaan wys!

Dis regtig so pragtig om te sien hoe sy

haar kindertjies beskerm

en as jy té naby aan hulle kom,

word sy ook sommer  BAIE  kwaai en 

blaas vir jou en jaag jou!

Jy moet ook sommer lekker pasop ook - 

want sy kan jou  BAIE  seermaak!

En sy is nie lelik met jou nie - sy beskerm

net haar kindertjies ...

'n Gans-mamma sal haar kindertjies beskerm

met haar eie lewe ...

Nou as 'n gans-mamma haar kindertjies SO beskerm -

dink net hoe beskerm Pappa God vir jou en vir my!

In die Bybel staan dat Hy ons 

beskerm en toevou met sy vleuels.

'n Makliker woord vir vleuels is vlerke.

Kyk mooi hoe vou die gans-mamma haar vlerke om haar kindertjies ...

sy doen dit  SO goed - jy kan nie eens

haar kindertjies sien nie.

Pappa God beskerm ons SOVEEL BETER

want Hy is GROOT EN ALMAGTIG  -

almagtig beteken baie, baie, baie sterk - 

sterker as enigiets anders op die aarde 

en in die Hemel!

Baie kere beskerm  Pappa God ons en dan 

weet on nie eens daarvan nie -

omdat ons hom gladnie kan sien nie.

Sê nou vir Pappa God baie dankie

omdat Hy altyd by jou is en 

jou nooit maar nooit alleen los nie en

omdat Hy vir jou so mooi oppas.

Dit beteken darem nou ook nie dat ons

sommer enige iets wat verkeerd of gevaarlik is

kan doen om te sien of 

God ons gaan oppas nie.

Dit mag ons nooit doen nie,

want dan versoek of tart ons vir God uit 

- en dit is baie, baie GROOT SONDE -

en as jy  DIT gaan probeer doen,

dan gaan God jou nie oppas nie.


Kom ons sê vandag vir Pappa God 

ekstra spesiaal dankie

dat Hy ons Hemelse Pappa is

wat  ALTYD by ons is!

En moenie vergeet om vir Hom

te vertel dat jy hom 

BAIE  liefhet nie -

dit moet jy sommer 

ELKE  liewe dag doen!





Jesus se Kindertjies / Facebook
Poppie Oosthuizen







No comments:

Post a Comment