Monday 28 September 2015

Onthouteks - God praat met jou as jy Bybel lees







Onthouteks


Die boodskap van Christus
moet in sy volle rykdom
in julle bly.


Kol 3:16





Die Bybel - 2 Timoteus 3:14-17






Lees 2 Timoteus 3:14-17 in jou Bybel



14Maar jý, bly getrou aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het. 

15Jy ken die Heilige Skrif van kindsbeen af en dit het jou die wysheid gegee om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Christus Jesus kom. 

16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons 
tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. 

17Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen.




~ Nuwe Lewende Vertaling ~


Wat jy vir God kan sê - God praat met jou as jy Bybel lees







Wat jy vir God kan sê



Here, dis wonderlik dat ek u

stem kan hoor

elke keer wanneer

ek Bybel lees.

Help my om u stem

te gehoorsaam.



Amen





~ NS ~





God praat met jou as jy Bybel lees








Wat God vir jou wil sê



Jou Bybel is nie maar net ‘n

gewone boek nie.

God self praat met jou

elke keer wanneer jy

dit oopmaak.




~ NS ~

God praat met jou as jy Bybel lees








God praat met jou as jy Bybel lees


Het jy al gewens jy het in Jesus se tyd geleef sodat jy self kan hoor hoe Hy praat?


Hoewel Jesus nie meer op aarde is sodat ons Hom self met ons kan hoor praat nie, praat God nog elke dag met sy kinders.  Hy praat met ons elke keer wanneer ons die Bybel lees.  God wil hê jy moet sy boodskap deel van jou lewe maak.


Om dit te doen moet jy begin om Bybel tekste uit jou kop te leer.  So maak jy seker dat jy God kan hoor praat, al het jy nie jou Bybel by jou nie.  As jy bang is, gaan jy onthou dat Hy sê: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou”  As jy nie lus is om na jou ma te luister nie, gaan jy die vyfde gebod onthou: “Eer jou vader en jou moeder.”


Hoe beter jy jou Bybel leer ken, hoe duideliker gaan jy God hoor praat.  Maak seker dat jy fyn na sy stem luister en dit gehoorsaam.



~ Tannie Nina Smit ~

Dankie Koning Jesus






Dankie 


KONING JESUS

dat  U voorsien

in  AL my behoeftes

selfs my melkemmertjie loop oor!

Gee ook asb vir die baie arm kindertjies

orals in die wêreld.


Amen




E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Kindertjies @ Facebook





Saturday 26 September 2015

Is daar 'n plekkie in jou hartjie vir my?






Is

daar 

'n plekkie 

in 

jou hartjie

vir 

my?



J E S U S




E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Kindertjies @ Facebook


Friday 25 September 2015

Onthouteks – Jou Bybel is ‘n lig







Onthouteks – Jou Bybel is ‘n lig



U woord is ... die lig op my pad.



Psalm 119:105

Die Bybel - Psalm 119:9-10








Lees Psalm 119:9 – 10 in jou Bybel


9Hoe kan ’n jongmens
’n skoon lewe lei?
Deur sy lewe in te rig
volgens u woord.
10Met my hele hart soek ek U;
moenie dat ek afdwaal
van u gebooie nie.


~ Nuwe Lewende Vertaling ~





Wat jy vir God kan sê – Jou Bybel is ‘n lig







Wat jy vir God kan sê – Jou Bybel is ‘n lig


Here,


Ek wil vir U dankie sê

vir my Bybel,

die lig op my

lewenspad
wat vir my wys

hoe U wil hê

ek moet lewe.


Amen




~ NS ~




Wat God vir jou wil sê – Jou Bybel is ‘n lig








Wat God vir jou wil sê – Jou Bybel is ‘n lig


God gee vir jou sy Woord, die Bybel, 

sodat jy kan weet 

hoe Hy wil hê jy moet lewe.  

As jy oor iets twyfel, 

kyk wat die Bybel daaroor sê.






~ NS ~






Jou Bybel is 'n lig








Jou Bybel is ‘n lig



Het jy al probeer om iets in jou kamer te kry as dit pikdonker is?  Dis amper onmoontlik.  Maar sodra jy die lig aanskakel, sien jy sommer dadelik waar die ding is wat jy soek.


God se Woord is vir sy kinders soos ‘n lamp wat vir hulle die regte pad wys, ‘n lig op hulle lewenspad, staan daar in Psalms.  Jou Bybel wys vir jou hoe jy jou lewenspad moet loop.  As jy oor iets twyfel, kan jy maar net gaan lees wat die Bybel daaroor sê.  Dit sal die regte ding wees om te doen.


Dit help nie dat ‘n mens ‘n Bybel het as jy dit nie ken nie.  Hoe meer jy daaruit lees en hoe meer tekste jy uit jou kop ken, hoe beter sal jy weet watter dinge vir God reg en verkeerd is.  Sit van vandag af elke dag ‘n spesiale tydjie opsy vir Bybellees, sodat God se lig al helderder in jou lewe kan skyn.




~ Tannie Nina Smit ~





JY kan 'n verskil VANDAG in iemand se lewe maak!






JY

kan 'n verskil

V A N D A G

in iemand se lewe maak!

Bring hom of haar

na

JESUS

toe

Moenie 'n oomblik wag nie!

Doen dit NOU!!!




E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Kindertjies @ Facebook









Thursday 24 September 2015

Onthouteks - Jou Bybel is 'n skat







Onthouteks


Oor u woord is ek so bly soos iemand wat ‘n
groot skat in die hande gekry het.


Psalm 119:162


Die Bybel - Hebreërs 4:12-13







Lees Hebreërs 4:12-13 in jou Bybel



Jy kan niks vir God wegsteek nie

12Wat God sê, is nie maar net dooie woorde nie. Nee, wat Hy sê, gebeur en daar is geen keer aan nie. Sy woorde is ook nie oppervlakkig nie. Soos ’n skerp mes diep kan sny, so sny dít wat God sê tot diep binne-in jou: ja, tot daar waar jy gedink het jy dinge kan wegsteek. Wat jy dink en hoe jy oor dinge voel, kom alles onder die soeklig van wat God sê. Jy sal nie kan wegkom nie.
13God weet alles wat in die wêreld aangaan. Net mooi niks kan vir Hom weggesteek word nie. Hy sien en weet alles asof dit voor Hom op ’n tafel uitgepak is. So sal ons ook voor Hom moet staan en antwoorde gee oor wat in ons lewe aangaan.



~ Die Boodskap ~



Wat jy vir God kan sê - Jou Bybel is 'n skat









Wat jy vir God kan sê



Here,


Baie dankie

vir die skat van u Woord

wat niemand ooit

van my af kan wegneem nie.


Amen






~ NS ~

Wat God vir jou wil sê - Jou Bybel is 'n skat








Wat God vir jou wil sê



Jou Bybel is ‘n skat

vol wonderlike beloftes

wat van God self af kom.




~ NS ~

Jou Bybel is 'n skat







Jou Bybel is ‘n skat


Het jy al ooit gedroom dat jy iewers ‘n groot skat ontdek?  Dalk is dit nie onmoontlik dat jy een kan ontdek nie ...


In Psalm 119 sê die skrywer dat hy bly is oor God se Woord, net so bly soos iemand wat ‘n groot skat in die hande gekry het.  Jou Bybel is ‘n skat waarna jy nie hoef te gaan soek nie – dit lê sommer oop en bloot op jou bedkassie.  Jy kan elke dag daaruit lees en wonderlike beloftes daarin ontdek.  As jy jou Bybel lees, sal jy God beter leer ken en uitvind presies hoe lief Hy jou het.  Jy sal ook ontdek dat Hy elke dag by jou is, dat Hy alles van jou weet, dat Hy jou wil help wanneer jy swaarkry en troos wanneer jy hartseer is.


As jy hierdie skat ontdek het, is jy skatryk vir die res van jou lewe.  Niemand kan ooit hierdie skat van jou af wegneem nie!



~ Tannie Nina Smit ~