Thursday 24 September 2015

Jou Bybel is 'n skat







Jou Bybel is ‘n skat


Het jy al ooit gedroom dat jy iewers ‘n groot skat ontdek?  Dalk is dit nie onmoontlik dat jy een kan ontdek nie ...


In Psalm 119 sê die skrywer dat hy bly is oor God se Woord, net so bly soos iemand wat ‘n groot skat in die hande gekry het.  Jou Bybel is ‘n skat waarna jy nie hoef te gaan soek nie – dit lê sommer oop en bloot op jou bedkassie.  Jy kan elke dag daaruit lees en wonderlike beloftes daarin ontdek.  As jy jou Bybel lees, sal jy God beter leer ken en uitvind presies hoe lief Hy jou het.  Jy sal ook ontdek dat Hy elke dag by jou is, dat Hy alles van jou weet, dat Hy jou wil help wanneer jy swaarkry en troos wanneer jy hartseer is.


As jy hierdie skat ontdek het, is jy skatryk vir die res van jou lewe.  Niemand kan ooit hierdie skat van jou af wegneem nie!



~ Tannie Nina Smit ~

No comments:

Post a Comment