Saturday 19 September 2015

Jy mag nie steel nie







Jy mag nie steel nie



Het jy al iets vir jou gevat wat aan iemand anders behoort?  Wat van iets wat jy opgetel het?


Die agste gebod sê jy mag nie steel nie.  As ‘n mens koerant lees of na die nuus op televisie kyk, lyk dit asof meer mense as ooit tevore hierdie gebod oortree.  Ons hoor gedurig dat daar by mense se huise ingebreek of van hulle geld gesteel is.


Al het jy self nog nooit daaraan gedink om iets te vat wat aan iemand anders behoort nie, is daar ook ander maniere waarop ‘n mens kan steel.  As jy iets optel, moet jy eers die eienaar daarvan probeer opspoor, anders steel jy van daardie persoon.  Jy kan selfs van die Here steel as jy nie van jou tyd of jou geld vir Hom wil gee nie.  Sorg dat jy altyd heeltemal eerlik is in alles wat jy doen.




~ Tannie Nina Smit ~

No comments:

Post a Comment