Friday 11 September 2015

God is die heel belangrikste







God is die heel belangrikste



Wat (of wie) is die belangrikste in jou lewe?  Kan jy aan één ding dink waarsonder jy glad nie kan klaarkom nie?

God het vir ons sy wet (die tien gebooie) gegee sodat ons kan weet hoe Hy wil hê ons moet lewe.  Die eerste gebod sê vir ons dat God die heel belangrikste van alle dinge in ons lewe moet wees.  As daar nog ander dinge is waarsonder jy glad nie kan klaarkom nie, wat jy bó God sal kies, is daardie dinge soos afgode.  Dis goed om lief te wees vir jou ouers, om lekker te eet, en om genoeg geld te hê, maar jy moet seker maak dat God regtig eerste kom in jou lewe.

God het jou so lief dat Hy wil hê jy moet Hom liewer hê as enigiemand anders.  Dis moeilik om dit reg te kry, maar Hy sal jou daarmee help as jy Hom vra.




~ Tannie Nina Smit ~



No comments:

Post a Comment