Saturday 12 September 2015

Wys vir ander hoe God lyk ღ






Wys vir ander hoe God lyk



Ons sien dikwels prente van Jesus, maar nooit van God nie.  Het jy al gewens jy kan sien hoe God lyk?


Niemand het God nog ooit gesien nie.  Die tweede gebod is ons mag nie beelde van Hom maak en dit aanbid nie.  Maar daar is tog maniere waarop ons God kan sien.



·        Toe Jesus op die aarde was, kon die mense Hom sien en aan Hom raak.  ‘Wie My sien, sien die Vader,’ het Jesus vir sy dissipels gesê.  Jesus het vir ons kom wys hoe God regtig lyk.  En as jy God se kind is, kan jy soos Jesus dink en doen, dan sal mense wat na jou kyk vir God in jou lewe raaksien.


·        Wanneer ons na die natuur kyk, sien ons God in sy skepping raak.


·        ‘n Derde manier hoe jy God kan ‘sien’, is wanneer jy Bybel lees en Hom beter leer ken deur sy Woord.






~ Tannie Nina Smit ~

No comments:

Post a Comment