Sunday 20 September 2015

Die Bybel - Lees Handelinge 5:1-10 in jou Bybel







Lees Handelinge 5:1-10 in jou Bybel


1Daar was egter ook ’n sekere man, Ananias, wat saam met sy vrou, Saffira, ’n eiendom verkoop het. 2Hy het met die medewete van sy vrou van die verkoopprys vir hulleself gehou en net ’n gedeelte daarvan gebring en vir die apostels gegee.
3Petrus sê toe: “Ananias, hoekom het jy jou deur Satan laat omhaal? Jy het vir die Heilige Gees gelieg toe jy ’n deel van die geld teruggehou het. 4Die grond was joune om te verkoop of nie. En selfs ná jy dit verkoop het, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou. Hoe kon jy so iets doen? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.”
5Toe Ananias hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterf. Almal wat hiervan gehoor het, het groot geskrik. 6’n Paar jong mans het hom toegedraai en gaan begrawe.
7Omtrent drie ure later het sy vrou ingekom, onbewus van wat gebeur het. 8Petrus vra haar toe: “Het julle die grond vir hierdie bedrag verkoop?”
“Ja,” het sy geantwoord, “dit was die bedrag.”
9Toe sê Petrus vir haar: “Waarom het julle twee saamgesweer om die Gees van die Here te toets? Net hier buite die deur is die jong mans wat jou man begrawe het, en hulle gaan jou ook uitdra.”
10Onmiddellik het sy by sy voete neergeval en gesterf. Toe die jong mans inkom en sien sy is dood, het hulle haar by haar man gaan begrawe. 


~ Nuwe Lewende Vertaling ~

No comments:

Post a Comment