Monday 14 September 2015

God se dag








God se dag



Wat doen julle gesin gewoonlik Sondae?  Gaan julle kerk toe, of is 
Sondag maar net ‘n gewone dag soos al die ander?


Vir die Israeliete was die sewende dag van die week, die sabbat, baie belangrik.  Op daardie dag het hulle gerus van hulle gewone werk, net soos God ná sy skeppingswerk gerus het.  Omdat Jesus op die eerste dag van die week van die week uit die dood opgestaan het, sit God se kinders vandag Sondae opsy as sy spesiale dag.

Baie mense doen Sondae net wat hulle wil.  Hulle vergeet dat dit eintlik God se spesiale dag is, wanneer ons vir Hom moet tyd maak.  Julle gesin kan ook Sondae spesiaal tyd maak vir God.  Gesels met jou pappa en mamma hieroor en maak Sondag van nou af dié dag waarop julle saam kerk toe gaan, saam oor God praat en met sy dinge besig is.



~ Tannie Nina Smit ~




  :  Jesus se Kindertjies @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





mamma333  @  gmail.com



No comments:

Post a Comment