Monday 26 October 2015

Nié te klein nie! ღ








Nié te klein nie!



Hier is ‘n seuntjie ...
Johannes 6:5-13



“Jy is te klein ........”



Hoe voel jy wanneer iemand dit vir jou sê?   Jy is te klein om ‘n motor te bestuur, om ‘n koek alleen te bak, om die grassnyer te gebruik.


Maar daar is ‘n paar dinge waarvoor jy nié te klein is nie.  Watter dinge doen jy sommer baie goed?


Daar is nog ‘n ding waarvoor jy nie te klein is nie:  om God se kind te wees.   Hoe oud is jy?   Dit is heeltemal oud genoeg dat Jesus jou sommer baie sal liefhê.


Dink nou so ‘n bietjie, vir wie kan jy van Jesus vertel?   En wat kan jy van Jesus sê?


Jy is nie te klein vir Jesus nie.  Jy is net reg!



Jesus,


U weet dat ek ....... jaar oud is.


Dit is oud genoeg om u helper te wees.


Om u helper te wees laat my voel ...................


.....................................................................................


Amen







Mary Manz Simon  :  Ek en Jesus kuier saam


  Jesus se Kindertjies/ Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Wednesday 21 October 2015

Liefde, liefde, liefde









Liefde, liefde, liefde



Ons moet mekaar liefhê ...  – 1 Johannes 4:7



“Ek baie, baie lief jou ...”  sê Christina vir tannie Rina.  Christina probeer vir tannie Rina sê hoe baie lief sy haar het.


Vir watter mense is jy lief?  Wys nou vir een persoon dat jy lief is vir hom of haar.


Het jy dit gewys deur vir die persoon te glimlag?  Toe jy ‘n baba was, was dit die eerste manier waarop jy liefde gewys het.


Het jy liefde gewys dmet ‘n drukkie of ‘n soen?  Dit voel goed om naby iemand te wees.


Het jy vir iemand gesê jy is lief vir hom of haar?  Dit is lekker om te hoor: “Ek is lief vir jou”


Dit is wat Jesus sê wanneer Hy vir ons mense gee wat ons help grootword.  Jesus sê dit ook wanneer Hy vir ons mense gee wat lief is vir ons.


Jesus is baie, baie vir elkeen van ons.  Oeps, ek het ‘n woord vergeet.  Sê vir my watter woord ek vergeet het:

Jesus is baie, baie ..................... vir my.




Jesus,


Dankie dat U lief is vir my.

Ek is lief vir U ook.

En dankie dat U vir my mense gee

wat my help om groot te word

en wat lief is vir my.

Hulle name is:

..............................................................................................

Ek is lief vir hulle ook.


Amen




Mary Manz Simon  :  Ek en JESUS kuier saam


  Jesus se Kindertjies / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!


(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Sunday 18 October 2015

Verandering, verandering








Verandering,  verandering


Van ewigheid tot ewigheid is U God!  -  Psalm 90:1-2


Dit word nou somer waar Engela woon.  Die bome se bloeisels val af.  Die temperatuur verander ook.  Die termometer op die agterstoep wys dat dit al hoe warmer word.  Watter klere kan Engela aantrek om buite te gaan speel?


Engela se oupa maak die swembad skoon.  Engela help hom.


Nuwe seisoene bring baie verandering.  Maar Jesus bly dieselfde in die lente, somer, herfs en winter.  Ons kan altyd met Jesus praat.  Jesus is deur die hele jaar lief vir ons.


Jesus bly altyd jou heel beste Vriend.



Jesus,


Dit is somer waar ek woon.

Ek hou van hierdie seisoen

omdat ek lekker buite kan speel

in die warm sonnetjie.

Dankie dat U vir ons ‘n nuwe seisoen gee.

Dankie dat U altyd dieselfde bly en

nie verander soos seisoene nie.


Amen





Mary Manz Simon :  Ek en Jesus kuier saam


  Jesus se Kindertjies / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!


Friday 16 October 2015

Dis skoonmaakdag








Dis skoonmaakdag


Die Here God het toe ‘n tuin in Eden ... aangelê ...  Genesis 2:8-9


Kyk rondom jou waar jy nou sit.  Sien jy stof?  Lê daar dalk stof agter die stoel of onder die bed?


Jurina-hulle se huis is vol stof.  Sy help haar pa om skoon te maak.  Kom ons luister terwyl hulle gesels.


Pappa, hoekom is hier alweer so baie stof? vra Jurina.  Ons het dan verlede week dieselfde werk gedoen.


Jurina, daar is oral baie stof, antwoord haar pa.  Noudat dit begin winter raak en die wind meer waai, waai dit al die stof van buite af tot binne-in die huis.


Kom ons maak dan die vensters toe, stel Jurina voor.


Dit sal nie eintlik veel help nie, sê haar pa.  Selfs ons maak stof van alles wat ons opsuig.  Sien jy?  En Flappie los oral hare en soms los jou klere ook stukkies gare of wol agter.


Jurina dink aan wat haar pa nou net gesê het.  Sy dink aan een plek waar daar glad nie stof is nie.  Aan watter plek dink sy?


Jurina dink aan die tuin wat God gemaak het vir die eerste mense op die aarde.  Ek wed jou hulle het nie ‘n skoonmaakdag in die tuin van Eden gehad nie, sê Jurina.  Dink jy is is reg?



Liewe Jesus,


Dis nie altyd baie lekker om skoon te maak nie.
Help my om opgeruimd te wees wanneer ek werk.


Amen




Mary Manz Simon  :  Ek en Jesus kuier saam



  Jesus se Kindertjies @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





Thursday 15 October 2015

Groter ... kleiner









Groter ... kleiner


Geseënd is dié wat van nou af in die Here sterwe.  -  Openbaring 14:13


Pappa, ek moet vir Pappa iets sê, fluister Neil.  Ou ouma krimp.

Dis moontlik, Neil, sê sy pa.  Soos jou oumagrootjie al hoe ouer word, verander haar liggaam op baie maniere.  Dit kan vir jou lyk asof sy krimp.

Sy sal een van die dae net so groot soos ek wees, sê Neil.

Ja, glimlag sy pa.  Jy groei sommer vinnig.

Neil dink sy oumagrootjie lyk nóg kleiner toe hy weer by haar gaan kuier.  Maar miskien, net miskien, het hy self ook gegroei.

“Ou-ouma,” sê Neil, “ek sal lief bly vir jou, al word jy nóg kleiner.”

“Neil,” sê sy oumagrootjie, “ek sal lief bly vir jou, al word jy nóg groter.”

Neil en Ou-ouma glimlag.  Maar Neil wonder:  Sal ek langer wees as Ou-ouma wanneer ons in die hemel is?

Wat dink jy?



Liewe Jesus,  ek wonder baie oor die hemel.  Sal ek net so lyk soos nou?  Sal ek dieselfde maatjies hê?  Ek

wens ek kon meer van die hemel weet, maar ek sal seker moet wag tot ek daar kom om alles uit e vind.

Dankie dat U vir my gebedjies luister.  Amen




Mary Manz Simon : Ek en Jesus kuier saam

Sunday 11 October 2015

Vandag wil ek *meer* doen











Vandag wil ek *meer* doen

as omgee, ek wil help.

Vandag wil ek *meer* doen

as vergewe, ek wil vergeet.

Vandag wil ek *meer* doen

as gee, ek wil dien.

Vandag wil ek *meer* doen

as lewe, ek wil groei.

Vandag wil ek *meer* wees

as net vriendelik,

ek wil 'n vriend wees.




~ William Arthur Ward ~



E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Kindertjies @ Facebook


Friday 9 October 2015

Onthouteks - Hoe Jesus ons leer bid








Onthouteks



Wat julle die Vader 

ook al in my Naam

sal bid, sal Hy vir julle gee.




Johannes 16:23






Die Bybel - Matteus 6:9-13








Lees Matteus 6:9-13 in jou Bybel




9Bid dan soos volg:
Ons Vader in die hemel,
laat u Naam geheilig word.
10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil hier op aarde
uitgevoer word soos in die hemel.
11Gee ons die porsie brood
wat ons vir vandag nodig het.
12En vergeef ons ons sondeskuld
soos ons ook óns skuldenaars
vergewe het.
13Bewaar ons sodat ons
nie aan verleiding sal toegee nie;
maar bevry ons van die greep
van die Bose.



~ Nuwe Lewende Vertaling ~


Wat jy vir God kan sê - Hoe Jesus ons leer bid








Wat jy vir God kan sê




Vader, dankie dat U vir my sorg


en luister wanneer ek bid.


Leer my om te bid


soos Jesus gebid het.




Amen




~ NS ~

Wat God vir jou wil sê - Hoe Jesus ons leer bid








Wat God vir jou wil sê




Jy het ‘n Vader in die hemel


met wie jy kan praat as jy bid.


Hy sal vir jou alles gee


wat jy nodig het.





~ NS ~

Hoe Jesus ons leer bid








Hoe Jesus ons leer bid



Is dit vir jou lekker om met God oor alles te praat?  Of bid jy elke aand dieselfde goed?


Jesus se dissipels het gesien dat Hy baie graag met sy hemelse Vader praat.  Hulle vra Hom toe om hulle ook te leer om met God te praat.  Ons kan vandag nog uit die Ons Vader leer om te bid soos Jesus sy dissipels leer bid het.


Lees gerus die Ons Vader in Matteus 6:9-13 en leer hierdie wonderlike gebed van Jesus uit jou kop.  Nou weet jy dat jy ‘n liefdevolle Vader in die hemel het wat vir jou sorg, en dat jy maar vir Hom alles mag vra wat jy nodig het.  God is altyd bereid om jou te vergewe as jy verkeerde dinge doen, maar Hy vra van jou om ook jou maats te vergewe as hulle jou kwaad maak.  Wees ook baie versigtig vir die duiwel – en vra die Here om jou teen hom te beskerm.



~ Tannie Nina Smit ~

Friday 2 October 2015

Onthouteks - 'n Plek waar jy kan bid








Onthouteks



‘Nee, as jy bid, 

gaan na jou kamer toe, 

maak die deur toe en bid ...


Matteus 6:6