Thursday 1 October 2015

Doen wat jou Bybel sê!








Doen wat jou Bybel sê!


Belowe jy soms vir jou maats dinge en dan doen jy dit nie?  Soms besluit ‘n mens dat jy gaan doen wat in jou Bybel staan, maar dan doen jy dit nie.


Ons het al almal vir ons maats of ons ouers dinge belowe en dit dan nie gedoen nie.  Soms belowe ‘n mens vir jouself dat  jy vroeër gaan opstaan om meer tyd te maak vir Bybellees, maar dan is jy so vaak dat jy maar net so laat slaap soos gewoonlik!  Belofte maak skuld, sê die spreekwoord.  Dit gaan nie help as jy weet wat in jou Bybel staan, maar daardie dinge nie doen nie.  Mense wat dit doen, jok vir hulleself, skryf Jakobus.


God wil hê dat jy aan Hom gehoorsaam moet wees, dat jy sy tien gebooie sal nakom, dat jy ander mense sal liefhê en die dinge sal doen wat Hy vir jou in sy Woord sê.  Gaan jy probeer om van nou af te doen wat jou Bybel sê?



~ Tannie Nina Smit ~


No comments:

Post a Comment