Friday 2 October 2015

'n Plek waar jy kan bid








‘n Plek waar jy kan bid


Het jy ‘n spesiale plek waar jy met die Here kan praat?  Niemand moet jou daar kan pla wanneer jy wil bid nie.


Wanneer ‘n mens met die Here wil praat, pla dit ‘n mens baie as daar heeltyd ander mense in jou kamer inkom wat met jou wil gesels.  Die Bybel sê dat ons, wanneer ons bid, na ons kamer toe moet gaan en die deur moet toemaak.  Dit werk die beste as jy elke dag op dieselfde tyd met die Here praat.


Dit is baie lekker om jou eie kamer te hê waar jy die deur kan toemaak as jy alleen wil wees.  Maar as jy nie ‘n eie kamer het nie, moet jy vir jou ‘n spesiale plek soek waar jy alleen met die Here kan wees.  As jy ‘n kamer met jou boetie of sussie deel, kan jy miskien vir jou ‘n stil plekkie op die stoep of in julle tuin kry waar jy jou Bybel kan lees en bid sonder dat iemand jou pla.



~ Tannie Nina Smit ~

No comments:

Post a Comment