Thursday 15 October 2015

Groter ... kleiner









Groter ... kleiner


Geseënd is dié wat van nou af in die Here sterwe.  -  Openbaring 14:13


Pappa, ek moet vir Pappa iets sê, fluister Neil.  Ou ouma krimp.

Dis moontlik, Neil, sê sy pa.  Soos jou oumagrootjie al hoe ouer word, verander haar liggaam op baie maniere.  Dit kan vir jou lyk asof sy krimp.

Sy sal een van die dae net so groot soos ek wees, sê Neil.

Ja, glimlag sy pa.  Jy groei sommer vinnig.

Neil dink sy oumagrootjie lyk nóg kleiner toe hy weer by haar gaan kuier.  Maar miskien, net miskien, het hy self ook gegroei.

“Ou-ouma,” sê Neil, “ek sal lief bly vir jou, al word jy nóg kleiner.”

“Neil,” sê sy oumagrootjie, “ek sal lief bly vir jou, al word jy nóg groter.”

Neil en Ou-ouma glimlag.  Maar Neil wonder:  Sal ek langer wees as Ou-ouma wanneer ons in die hemel is?

Wat dink jy?



Liewe Jesus,  ek wonder baie oor die hemel.  Sal ek net so lyk soos nou?  Sal ek dieselfde maatjies hê?  Ek

wens ek kon meer van die hemel weet, maar ek sal seker moet wag tot ek daar kom om alles uit e vind.

Dankie dat U vir my gebedjies luister.  Amen




Mary Manz Simon : Ek en Jesus kuier saam

No comments:

Post a Comment