Sunday 13 September 2015

God se Naam









God se Naam  



Wat doen jy as daar mense is wat die Here se Naam as ‘n vloekwoord gebruik of as van jou maats voor jou vloek?


Die derde gebod leer ons dat God se Naam heilig is, en dat ons daardie Naam met respek moet gebruik.  Wanneer mense so baie in flieks vloek, of as mense die Here se Naam sommerso gebruik, raak ons later gewoond daaraan, en dan hinder dit ons byna nie meer nie.  Dit moet nie so wees nie.  God se Naam is deel van Homself.  Sy Naam is net so heilig soos Hy, en wanneer mense sy Naam oneerbiedig gebruik, sal Hy hulle straf.


Die derde gebod sê jy moenie stilbly wanneer jy hoor dat van jou maats of selfs grootmense vloek of lelik praat nie.  Maak van nou af dubbel seker dat jy nie die Here se Naam verkeerd gebruik nie.




~ Tannie Nina Smit ~

No comments:

Post a Comment