Thursday 10 September 2015

God het jou lief ღ







God het jou lief


Wie dink jy het jou die liefste van almal?  En vir wie is jý die liefste?

God het jou die héél liefste van almal.  Hy is selfs liewer vir jou as jou mamma of pappa.  As ‘n mens báie lief is vir iemand, gee jy mos graag vir daardie persoon geskenke.

God het vir jou die héél grootste geskenk gegee – Hy het Jesus, sy enigste Seun, gegee sodat almal wat in Hom glo, vir altyd kan lewe.

Jesus het as ‘n gewone mens na die wêreld gekom sodat ons God se kinders kan wees.  Toe Hy aan die kruis gesterf het, het Hy vir ons sonde betaal sodat God dit kan vergewe.

Jy kan net God se kind word en eendag hemel toe gaan as jy in Jesus glo.  Sê sommer nou vir God dankie dat Hy jou so liefhet!


~ Tannie Nina Smit ~

No comments:

Post a Comment