Monday 14 September 2015

Die Bybel - Jesaja 58:13-14






Lees Jesaja 58:13-14 in jou Bybel



13“As jy jou daarvan weerhou
om op die Sabbatdag te oortree
en op my heilige dag
te doen net wat jy wil;
as die Sabbat vir jou
’n vreugde is,
en jy die heilige dag
van die Here in ere hou;
as jy dit respekteer
deur nie jou gewone gang
te gaan nie,
nie te doen wat jy wil,
of nuttelose woorde te praat nie,

14dan sal jy jou vreugde vind
in die Here.
Ek sal jou die land
weer in besit laat neem,
Ek sal jou laat eet
van die opbrengs van die land
van jou vader Jakob.
Ek, die Here, het dit gesê.”


~ Nuwe Lewende Vertaling ~

No comments:

Post a Comment