Sunday 20 September 2015

Praat altyd die waarheid







Praat altyd die waarheid



Kry jy dit reg om altyd die waarheid te praat, of vertel jy soms wit leuentjies as jy in die moeilikheid is?


Die negende gebod sê God se kinders mag nie jok nie.  Hulle moet altyd die waarheid praat.  Dit is nie altyd so maklik nie!  Ons kry almal lus om soms ‘n klein wit leuentjie te vertel wanneer ons in die moeilikheid is.  Dink mooi voordat  jy weer jok.  Al lyk daardie leuentjie nie so erg nie, jok jy eintlik vir God as jy ‘n leuen vertel.


Vir die Here is leuens ‘n baie ernstige saak.  Vir Hom is daar nie klein sondetjies en groot sondes nie.  In Handelinge 5 kan jy die storie gaan lees van Ananias en Saffira wat gestraf is omdat hulle leuens vertel het.  Maak seker dat jy van nou af altyd die waarheid praat.



~ Tannie Nina Smit ~

No comments:

Post a Comment