Friday 25 September 2015

Jou Bybel is 'n lig








Jou Bybel is ‘n lig



Het jy al probeer om iets in jou kamer te kry as dit pikdonker is?  Dis amper onmoontlik.  Maar sodra jy die lig aanskakel, sien jy sommer dadelik waar die ding is wat jy soek.


God se Woord is vir sy kinders soos ‘n lamp wat vir hulle die regte pad wys, ‘n lig op hulle lewenspad, staan daar in Psalms.  Jou Bybel wys vir jou hoe jy jou lewenspad moet loop.  As jy oor iets twyfel, kan jy maar net gaan lees wat die Bybel daaroor sê.  Dit sal die regte ding wees om te doen.


Dit help nie dat ‘n mens ‘n Bybel het as jy dit nie ken nie.  Hoe meer jy daaruit lees en hoe meer tekste jy uit jou kop ken, hoe beter sal jy weet watter dinge vir God reg en verkeerd is.  Sit van vandag af elke dag ‘n spesiale tydjie opsy vir Bybellees, sodat God se lig al helderder in jou lewe kan skyn.




~ Tannie Nina Smit ~





No comments:

Post a Comment