Wednesday 9 September 2015

God vergewe jou sonde ღ






God vergewe jou sonde


Het jy al besluit om te probeer om baie soet te wees, en voor jy jou kom kry, het jy al weer ‘n verkeerde ding gedoen?

Daar is nie eers één mens wat sonder sonde is nie.  Ons doen almal elke dag verkeerde dinge, al probeer ons ook hoe hard om te lewe soos God wil hê.  Mense doen vanself sonde.  Ons kan dit nie vanself regkry om God se kinders te wees nie, want Hy is heilig en haat sonde.

Gelukkig maak God dit vir ons moontlik om van al ons sonde verlos te word.  Hy het vir Jesus gestuur om aan die kruis te sterf sodat die straf vir óns sonde betaal kon word.  Daarom vergewe God ons ons sondes as ons Hom vra.

Jesus wil jóú ook vry maak van die verkeerde dinge wat jy doen, sodat jy van nou af net vir Hom kan lewe.  Vra gerus vir God om jou sondes te vergewe – Hy wil dit graag doen!



~ Tannie Nina Smit ~





No comments:

Post a Comment