Tuesday 8 September 2015

God is oral






God is oral


Kan ‘n mens op twee plekke gelyk wees?  Kan jy by Ouma-hulle kuier en dieselfde tyd saam met Pappa en Mamma see toe gaan?

Mense kan nie op twee plekke gelyk wees nie.  As jy see toe gaan, kan jy nie op die plaas by Ouma-hulle ook kuier nie.  Jy kan ook nie by twee maatjies gelyk gaan speel nie.

God is anders.  Hy is oral.  As jy Sondag kerk toe gaan, is God daar.  As jy met Hom wil praat, luister Hy na jou, maar ook by jou pappa en mamma.  As jy snags in die donker wakker word, is Hy ook by jou.  God se kinders is nooit alleen nie

Al kan jy God nie sien nie, kan jy seker weet dat Hy elke oomblik by elkeen van sy kinders is.  Hy weet van jou.  Hy sal jou beskerm waar jy ook al gaan.


~ Tannie Nina Smit ~





No comments:

Post a Comment