Monday 21 September 2015

Moenie begeer nie








Moenie begeer nie



Is daar van jou maats se goed wat jy baie graag wil hê?  Raak jy jaloers as een van jou maats iets kry wat jy graag wil hê?


Ons mag nie jaloers wees op ander mense se goed nie, sê die tiende gebod.  Dis partykeer moeilik om nie jou maats se nuwe fietse of rekenaars of rekenaarspeletjies te wil hê nie.


Gelukkig beteken hierdie gebod nie jy mag nie wens om iets te besit nie.  Jy mag net nie iets só graag wil hê dat jy lelik sal wees met die persoon aan wie dit behoort nie.


As jy iets baie graag wil hê, kan jy gerus vir die Here vra om dit vir jou te gee.  Maar as jy dit nié kry nie, kyk weer ‘n slag na al die dinge wat die Here klaar vir jou gegee het.  Probeer dan om tevrede te wees met wat jy reeds het.




~ Tannie Nina Smit ~

No comments:

Post a Comment