Thursday 17 September 2015

Wees lief vir lewe








Wees lief vir lewe.



Wens jy partykeer dat iets slegs moet gebeur met ‘n maatjie as hy of sy lelik was met jou?  Lees wat sê God ...


Die sesde gebod sê ons mag nie iemand anders doodmaak nie.  Dis darem nie iets wat ons maklik sal doen nie, of hoe?  Maar die gebod praat nie net daarvan om iemand te vermoor nie.  Dit sê ook dat ons nie mense moet seermaak of hulle in ons gedagtes moet doodmaak deur hulle te haat nie.


God wil hê ons moet respek hê vir  ALLES wat lewe, want Hy het dit alles gemaak.  Mense kan nie dinge maak wat lewe nie, maar ons kan lief wees vir die lewende dinge wat God gemaak het.


Jesus sê ons gehoorsaam die sesde gebod as ons ander mense liefhet en al die lewende diere en plante in die natuur oppas.  As ons lief is vir ALLES wat lewe, maak ons God se hart bly!



~ Tannie Nina Smit ~




No comments:

Post a Comment