Friday 18 September 2015

Die huwelik is vir God belangrik ღ







Die huwelik is vir God belangrik.



Dalk is jou of jou maatjies se pappa en mamma geskei.  Dis belangrik om te weet dat God nog altyd lief bly vir jou.


Die sewende gebod sê pappas en mammas moet respek hê vir die huwelik.  Vir God is dit baie belangrik dat twee mense wat met mekaar getroud is, altyd bymekaar sal bly.  God het self die eerste twee mense wat Hy gemaak het getrou – Hy het Adam en Eva beveel om vrugbaar te wees en kinders te hê.  Die Bybel sê wat God bymekaar gesit het, mag ‘n mens nie skei nie.


Ongelukkig is dit vandag so maklik om te skei dat daar baie min huwelike is wat vir altyd hou.  Dit is nie wat God wil hê nie.  Vir Hom is dit verkeerd as twee mense wat getroud is skei, of as twee mense wat nie getroud is nie, saambly.  As jy eendag groot is, moet jy seker maak dat jou huwelik vir altyd sal hou!




~ Tannie Nina Smit ~


No comments:

Post a Comment