Monday 7 September 2015

God het die wereld gemaak - en vir jou






God het die wêreld gemaak – en vir jou.


Het jy al gewonder of ‘n mens dit ooit sal kan gekry om ‘n blom te maak?  Of wat van ‘n lewendige diertjie of selfs ‘n mens?


Mense kan baie wonderlike goed maak, maar net God kan dinge in die natuur maak soos blomme en bome, wolke en sterre, die berge en die see.  Dit is ook net God wat lewe kan maak.


Nadat Hy die wêreld en alles daarin gemaak het, het God die mens na sy beeld gemaak.  God gee vir die mens ‘n hart, ‘n siel en ‘n verstand.  Dit is net mense wat vir God kan liefhê, dink en bid.  Jý is dus die heel beste ding wat God gemaak het!


Wanneer jy weer langs die see stap of vir Mamma blomme pluk, dink daaraan hoe wonderlik God die wêreld gemaak het.  As jy na jou boetie of sussie kyk, dink daaraan dat die mens die heel wonderlikste ding is wat God gemaak het.



~ Tannie Nina Smit ~





No comments:

Post a Comment