Wednesday 23 September 2015

Jou Bybel kom van God af








Jou Bybel kom van God af



Van watter skrywer se boeke hou jy die meeste?  Het jy al ooit gewonder wie die Bybel geskryf het?

Gaan tel ‘n bietjie hoeveel boeke daar is in jou Bybel.  Jy sal sien jou Bybel het 66 verskillende boeke.  Meer as 40 mense het help skryf aan hierdie Bybelboeke.  Hulle het in drie tale geskryf :  Hebreeus, Aramees en Grieks.  En die stories wat in die Bybel vertel word, strek oor ‘n tydperk van 3 000 jaar.  Tog het die Bybel net een boodskap wat soos ‘n goue draad dwarsdeur loop:  Die Ou Testament vertel die verhaal van God se volk, die Israeliete, en voorspel die koms van die Messias (of Verlosser).  In die Nuwe Testament lees ons van Jesus, die Messias, se lewe en sy werk, en hoe sy boodskap oor die wêreld versprei het.
Al het gewone mense die Bybel geskryf, het God self vir hulle gesê wat om te skryf.  Elke woord wat in jou Bybel staan, kom direk van God af.




~ Tannie Nina Smit ~

No comments:

Post a Comment