Tuesday 15 September 2015

Luister na jou ouers







Luister na jou ouers



Doen jy alles wat jou ouers van jou vra, of is jy partykeer ongehoorsaam?


God is die belangrikste Persoon in jou lewe na wie jy moet luister.  Die Bybel sê jy moet Hom eer en gehoorsaam.  Maar jy kan God nie sien nie;  daarom het Hy vir jou ouers gegee na wie jy moet luister.  Dit is God self wat jou ouers oor jou aangestel het.  Hulle moet vir jou sê wat God vir jou sou sê as Hy self met jou sou praat.


Die vyfde gebod sê jy moet na jou ouers luister en doen wat hulle van jou vra.  Indien jy hierdie gebod gehoorsaam, gee God vir jou ‘n pragtige belofte:  Hy sê Hy sal self sorg dat dit altyd met jou goed gaan, en dat Hy vir jou ‘n lang lewe sal gee.  Onthou altyd dat jou ouers jou baie liefhet.  Wees gehoorsaam aan hulle, al het jy nie lus om dit te doen nie, of al dink jy hulle is onredelik.



~ Tannie Nina Smit ~

No comments:

Post a Comment